Die installeering van Joomla! sadat sit op jou bediener kan loop, omvat vier eenvoudige stappe...
In die Databasis Konfigurasie Stap:
Kies die tipe databasis in die kieslys. In die meeste gevalle sal dit MySQL wees.
Tik die naam van jou webwerf se bediener in.
Voer die MySQL gebruikernaam, wagwoord en databasis naam in wat jy vir Joomla! wil gebruik.
Voer die tabel voorvoegsel vir die Joomla! installasie in.
Besluit en kies dan hoe jy die bestaande tabelle van vorige Joomla! installasies wil hanteer.
Vir party bedieners moet jy 'n FTP gebruikernaam en wagwoord aangee om die installeering te voltooi. Indien dit 'n probleem is, vra jou bediener administrateur of dit enigsins nodig is.
Vir sekuriteitsredes is dit die beste om 'n aparte FTP gebruiker-rekening te skep wat slegs toegang tot die Joomla! installeer-lêergids het. Jou bediener-administrateur sal jou hiermee kan help.
Let op: Indien jy op 'n Windows bedryfstelsel installeer, dan is die FTP koppelvlak nie nodig nie.
configuration.php
.htaccess